MATTEUS 26:62 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 26:62 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe staan die hoëpriester op en sê vir Hom: “Verweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?”
MATTEUS 26:62 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
MATTEUS 26:62 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarop het die hoofpriester opgestaan en vir Jesus gevra: “Het jy niks te sê op hierdie aanklag nie? Wat is hierdie ding wat hulle teen jou getuig?”
MATTEUS 26:62 DB (Die Boodskap)
Die hoëpriester staan toe op en sê vir Jesus: “Nou toe, jy het die ernstige klag van hierdie mense teen jou gehoor. Wat sê jy daarvan?”
MATTEUS 26:62 ABA (Bybel vir almal)
Die hoëpriester het opgestaan en vir Jesus gevra: “Hoekom sê jy niks? Hoekom sê die mense dit alles teen jou?”
MATTEUS 26:62 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het die hoëpriester opgestaan en vir Hom gesê: “Antwoord jy dan niks op wat hierdie mense teen jou getuig nie?”
MATTEUS 26:62 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe staan die hoëpriester op en sê vir hom: Antwoord U niks nie? wat is dit wat hierdie teen jou getuig?