MATTEUS 26:58 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 26:58 AFR83 (Afrikaans 1983)
Petrus het op 'n afstand agter Hom aan gegaan tot by die binnehof van die hoëpriester se woning. Hy het ingegaan en daar by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop.
MATTEUS 26:58 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.
MATTEUS 26:58 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Intussen het Petrus Hom op ’n veilige afstand gevolg totdat hy uiteindelik in die binnehof van die hoofpriester se woning beland het. Daar het hy by die dienspersoneel gaan sit om te sien wat gaan gebeur.
MATTEUS 26:58 DB (Die Boodskap)
Petrus het hulle op ’n veilige afstand gevolg tot by daardie huis. Daar het hy tussen die werksmense in die agterplaas gaan sit om te kyk wat gebeur.
MATTEUS 26:58 ABA (Bybel vir almal)
Petrus het ook saamgegaan tot voor die hoëpriester se huis, maar hy het nie naby Jesus geloop nie. Hy het ingegaan en by die wagte gaan sit om te sien wat sal gebeur.
MATTEUS 26:58 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
•Petrus het Hom op 'n afstand gevolg, tot in die voorhof van die hoëpriester. Hy het na binne gegaan en by die dienspersoneel gaan sit om te sien hoe dit sou afloop.
MATTEUS 26:58 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Petrus het hom van ver af gevolg tot by die hoëpriester se paleis en ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.