MATTEUS 26:51 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 26:51 AFR83 (Afrikaans 1983)
Een van dié wat saam met Jesus was, gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af.
MATTEUS 26:51 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
MATTEUS 26:51 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Skielik het een van Jesus se mense sy swaard uitgepluk, die slaaf van die hoofpriester getref, en sy oor afgekap.
MATTEUS 26:51 DB (Die Boodskap)
Een van Jesus se vriende pluk toe sy swaard uit. Net daar kap hy ’n veiligheidsman wat vir die hoëpriester gewerk het, se oor morsaf.
MATTEUS 26:51 ABA (Bybel vir almal)
Een van die mense wat by Jesus gestaan het, het sy swaard gegryp en hy het dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester se oor met die swaard afgekap.
MATTEUS 26:51 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En skielik het een van dié saam met Jesus na sy swaard gegryp en dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester getref en sy oor afgekap.
MATTEUS 26:51 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, een van die wat saam met Jesus was, het sy hand uitgesteek en sy swaard getrek en 'n dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgeslaan.