Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 26:3 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 26:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester.

MATTEUS 26:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word

MATTEUS 26:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Juis in daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde in die huis van Kajafas, die hoofpriester, vergader

MATTEUS 26:3 DB (Die Boodskap)

Juis toe het al die belangrikste Joodse leiers in die huis van die hoëpriester Kajafas bymekaargekom.

MATTEUS 26:3 ABA (Bybel vir almal)

Toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk bymekaargekom in die hoëpriester se huis. Die hoëpriester se naam was Kajafas.

MATTEUS 26:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het die leierpriesters en die familiehoofde van die volk in die ampswoning van die hoëpriester, met die naam Kajafas, vergader.

MATTEUS 26:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe het die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die oudstes van die volk byeengekom by die paleis van die hoëpriester wat Kajafas genoem word