Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 26:19 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 26:19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei.

MATTEUS 26:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.

MATTEUS 26:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die dissipels het toe gedoen soos Jesus hulle beveel het en die paasete voorberei.

MATTEUS 26:19 DB (Die Boodskap)

Jesus se volgelinge is daar weg en het alles presies so gaan doen.

MATTEUS 26:19 ABA (Bybel vir almal)

Die dissipels het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het en hulle het alles gereedgemaak vir die Paas-ete.

MATTEUS 26:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die dissipels het gemaak soos Jesus hulle beveel het, en die Pasga voorberei.

MATTEUS 26:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die dissipels het gedoen soos Jesus hulle beveel het; en hulle het die pasga voorberei.