Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 26:10 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 26:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen.

MATTEUS 26:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.

MATTEUS 26:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ’n weldaad aan My gedoen.

MATTEUS 26:10 DB (Die Boodskap)

Toe Jesus sien hoe hulle reageer, sê Hy: “Waarom kraak julle die vrou so af? Wat sy vir My gedoen het, beteken vir My baie.

MATTEUS 26:10 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het geweet wat hulle gesê het, en daarom het Hy vir sy dissipels gesê: “Hoekom pla julle die vrou? Sy het vir My iets gedoen wat goed is.

MATTEUS 26:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het immers 'n goeie daad aan My gedoen.

MATTEUS 26:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe Jesus dit verstaan, sê Hy vir hulle: Waarom pla julle die vrou? want sy het 'n goeie werk aan my gedoen.