Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 25:37 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 25:37 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?

MATTEUS 25:37 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

MATTEUS 25:37 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink?

MATTEUS 25:37 DB (Die Boodskap)

“Die mense wat reg gelewe het, onderbreek Hom: ‘Here, wag so ’n bietjie. Waarvan praat U?

MATTEUS 25:37 ABA (Bybel vir almal)

Die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here, sal dan vir My sê: ‘Here, wanneer het ons gesien U is honger en het ons vir U iets gegee om te eet? Wanneer het ons gesien U is dors en het ons vir U iets gegee om te drink?

MATTEUS 25:37 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dan sal die •regverdiges Hom antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed, of dors en iets te drinke gegee?

MATTEUS 25:37 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed? of dors en jou laat drink het?