MATTEUS 25:14 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 25:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou.
MATTEUS 25:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
WANT dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
MATTEUS 25:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Verder is God se koningsheerskappy soos iemand wat op reis wou gaan. Hy roep toe sy slawe bymekaar en vertrou sy geld aan hulle toe om daarmee te woeker terwyl hy weg is.
MATTEUS 25:14 DB (Die Boodskap)
“Daar is nog ’n ander verhaal ook waaruit julle iets oor die koninkryk van God kan leer. ’n Ryk man moes vir ’n lang tyd weggaan. Hy roep toe al sy werkers bymekaar. ‘Julle moet asseblief na my goed kyk terwyl ek weg is,’ sê hy en deel sy goed onder hulle uit.
MATTEUS 25:14 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het ook gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer 'n man 'n tyd lank weggegaan het van sy huis. Hy het sy slawe geroep en gesê hulle moet al sy goed oppas.
MATTEUS 25:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Want dit is net soos 'n man wat op reis gaan en sy slawe roep en sy besittings aan hulle toevertrou.
MATTEUS 25:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat na 'n ver land reis, wat sy eie dienaars geroep en sy goed aan hulle oorgegee het.