Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 23:9 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 23:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel.

MATTEUS 23:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

MATTEUS 23:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En moenie enige geestelike leier hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want julle het net een Vader: julle Vader wat in die hemel is.

MATTEUS 23:9 DB (Die Boodskap)

“Daarom moet julle selfs hier op aarde julle hemelse Vader se gesag bo alles erken, selfs bo die gesag van julle aardse pa.

MATTEUS 23:9 ABA (Bybel vir almal)

Julle moenie hier op die aarde vir iemand ‘ Vader’ noem nie, want daar is net een Persoon wat julle Vader is, en dit is julle Vader in die hemel.

MATTEUS 23:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En moet niemand op aarde as julle ‘vader’ aanspreek nie; want julle het net een Vader, Hy wat in die hemel is.

MATTEUS 23:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En noem niemand julle vader op die aarde nie, want een is julle Vader wat in die hemel is.