MATTEUS 23:31 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 23:31 AFR83 (Afrikaans 1983)
Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete.
MATTEUS 23:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
MATTEUS 23:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarmee wys julle die vinger na julleself, want julle erken ronduit dat julle die nageslag is van dié wat die profete vermoor het.
MATTEUS 23:31 DB (Die Boodskap)
Maar julle is maar net die kinders van daardie mense wat die manne van God vermoor het. Die appel val nie ver van die boom nie. Julle voorouers het die beker halfpad met die bloed van die manne van God volgemaak.
MATTEUS 23:31 ABA (Bybel vir almal)
So sê julle self dat julle die nageslag is van die mense wat die profete vermoor het.
MATTEUS 23:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarmee getuig julle teen julleself dat julle kinders is van hulle wat die profete vermoor het.
MATTEUS 23:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is julle getuies vir julleself dat julle die kinders is van hulle wat die profete doodgemaak het.