MATTEUS 23:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 23:26 AFR83 (Afrikaans 1983)
Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.
MATTEUS 23:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
MATTEUS 23:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Blinde Fariseër, was die beker eers aan die binnekant, en die buitekant sal vanself skoon word.
MATTEUS 23:26 DB (Die Boodskap)
Fariseërs, maak tog asseblief julle oë oop! Sorg eers dat die binnekant mooi skoon is. Dan sal die skottel weer gebruik kan word.”
MATTEUS 23:26 ABA (Bybel vir almal)
Fariseër, jy wat blind is, jy moet eers die binnekant van die beker skoonmaak, dan sal die buitekant ook skoon wees.
MATTEUS 23:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Blinde Fariseër! Maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal ook die buitekant skoon wees.
MATTEUS 23:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Blinde Fariseër, reinig eers wat binne-in die beker en die skottel is, sodat die buitekant van hulle ook rein kan wees.