Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 22:36 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 22:36 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”

MATTEUS 22:36 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Meester, wat is die groot gebod in die wet?

MATTEUS 22:36 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Leermeester,” vra hy, “wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?”

MATTEUS 22:36 DB (Die Boodskap)

“Watter opdrag is die belangrikste in die wet?” Die Fariseër het geweet dat as Jesus sê een opdrag is belangriker as die ander, Hy die eenheid van die wet sou aantas. Sê Hy weer almal is ewe belangrik, sou sommige voel Hy tas die eer van God aan. So sou Hy God, wat die belangrikste van almal is, natuurlik beledig.

MATTEUS 22:36 ABA (Bybel vir almal)

Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?”

MATTEUS 22:36 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Meester, wat is die belangrikste gebod in die Wet?”