Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 22:31 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 22:31 AFR83 (Afrikaans 1983)

En wat die opstanding van die dooies betref, het julle dan nie gelees wat God vir julle gesê het nie

MATTEUS 22:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie

MATTEUS 22:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar wat die opstanding van die dooies betref – het julle niks hieroor in die Skrif raakgelees nie? Lank nadat Abraham en Isak en Jakob reeds dood was, het God immers gesê

MATTEUS 22:31 DB (Die Boodskap)

Het julle ook nog nie in julle Bybel gelees wat God oor die opstanding uit die dood sê nie? Hy sê

MATTEUS 22:31 ABA (Bybel vir almal)

Julle vra oor mense wat gesterf het wat weer sal lewe. Maar het julle nie gelees nie? God het vir julle gesê

MATTEUS 22:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En wat die opstanding van die dooies betref, het julle nie gelees wat God aan julle gesê het nie

MATTEUS 22:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar wat die opstanding van die dode betref, het julle nie gelees wat deur God tot julle gespreek is deur te sê