Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 22:2 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 22:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het gesê: “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n koning wat vir sy seun 'n bruilofsfees voorberei het.

MATTEUS 22:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het

MATTEUS 22:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“God se koningsheerskappy is soos ’n koning wat ’n bruilofsfees vir sy seun voorberei het.

MATTEUS 22:2 DB (Die Boodskap)

“Julle stel seker belang in hoe God in hierdie wêreld heers? Luister dan hierna: ’n koning het vir sy seun ’n groot troue gereël.

MATTEUS 22:2 ABA (Bybel vir almal)

“Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer 'n koning 'n fees-ete gehou het vir sy seun wat getrou het.

MATTEUS 22:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Die •koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n •bruilofsfees vir sy seun voorberei het.

MATTEUS 22:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die koninkryk van die hemele is soos 'n sekere koning wat vir sy seun 'n huwelik gesluit het