MATTEUS 22:15 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 22:15 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe het die Fariseërs gaan besluit om Jesus met 'n vraag in 'n val te lok.
MATTEUS 22:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.
MATTEUS 22:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die Fariseërs het toe vergadering gaan hou om te bespreek hoe hulle Jesus op ’n verkeerde opmerking sou kon uitvang om as aanklag teen Hom te gebruik.
MATTEUS 22:15 DB (Die Boodskap)
Die Joodse godsdienstige leiers het daarna koppe bymekaar gaan sit. Hulle wou so graag hê dat Jesus iets moes sê wat Hom in die moeilikheid sou bring. Hulle het saam beplan hoe hulle dit sou regkry. Hulle het besluit om Hom met ’n moeilike politieke saak in ’n strik te laat trap.
MATTEUS 22:15 ABA (Bybel vir almal)
Die Fariseërs het toe gaan planne maak. Hulle wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, hulle wou hê Hy moet probleme kry.
MATTEUS 22:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die •Fariseërs gegaan en 'n plan beraam om Hom in 'n strik te laat beland oor wat Hy sê.
MATTEUS 22:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die Fariseërs gegaan en raad gehou hoe hulle Hom in sy toespraak kon verstrik.