MATTEUS 16:23 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 16:23 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”
MATTEUS 16:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
MATTEUS 16:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar Jesus het Hom omgedraai en vir Petrus gesê: “Gee pad agter My, jou satan! Jy maak dit vir My bitter moeilik. Jy dink soos mense dink – nie soos God nie.”
MATTEUS 16:23 DB (Die Boodskap)
Jesus het egter vir Petrus waterpas in die oë gekyk en vir hom gesê: “Gee pad van my af, Satan! Dit is Satan self wat nou deur jou praat. Daarom probeer jy God se plan dwarsboom. Jy is nie aan sy kant nie, maar aan die kant van die mense.”
MATTEUS 16:23 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan weg van My, Satan. Jy wil hê Ek moet verkeerd doen. Jy dink nie aan wat God wil hê nie, jy dink aan wat die mense wil hê.”
MATTEUS 16:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van mense.”
MATTEUS 16:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter my, Satan!