Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 16:22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 16:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.”

MATTEUS 16:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!

MATTEUS 16:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Petrus het Hom egter eenkant toe gevat en ernstig begin bestraf: “Mag God dit verhoed, Here. Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!”

MATTEUS 16:22 DB (Die Boodskap)

Petrus was baie geskok oor hierdie woorde. Hy het Jesus eenkant toe geneem en gesê: “Nooit aste nimmer nie! God sal mos nie toelaat dat so iets met U gebeur nie.”

MATTEUS 16:22 ABA (Bybel vir almal)

Petrus het vir Jesus weggeneem van die ander dissipels en hy het met Hom begin raas. Petrus het gesê: “Here, ek bid dat God dit sal keer, dit sal nooit met U gebeur nie!”

MATTEUS 16:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

•Petrus het Hom eenkant geneem en Hom begin teregwys: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal beslis nie met U gebeur nie!”

MATTEUS 16:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe neem Petrus Hom en begin Hom te bestraf en sê: Laat dit ver van U wees, Here, dit sal U nie oorkom nie.