Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 16:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 16:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Hy antwoord hulle: “In die aand sê julle: ‘Daar kom mooi weer, want die lug is rooi;’

MATTEUS 16:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.

MATTEUS 16:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy antwoord hulle toe: “Julle ken die gesegde: ‘Rooi lug skemeraand beteken mooi weer môre

MATTEUS 16:2 DB (Die Boodskap)

Jesus het egter vir hulle gesê: “Julle weet mos goed om die weer te voorspel. In die aand sê julle: ‘Môre gaan dit mooi weer wees. Kyk net hoe rooi is die lug.’

MATTEUS 16:2 ABA (Bybel vir almal)

Maar Jesus het vir hulle gesê: “Wanneer die lug rooi is in die aand, dan sê julle dit sal mooiweer wees.

MATTEUS 16:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarop het Hy hulle geantwoord: “In die laat namiddag sê julle, ‘Dit sal mooi weer wees, want die hemel is rooi.’

MATTEUS 16:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy antwoord en sê vir hulle: As dit aand word, sê julle: Dit sal mooi weer wees, want die lug is rooi.