MATTEUS 16:14 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 16:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”
MATTEUS 16:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.
MATTEUS 16:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.”
MATTEUS 16:14 DB (Die Boodskap)
Hulle antwoord: “Party sê U is Johannes die Doper wat weer lewendig geword het. Ander sê weer Elia. Nog ander sê U is Jeremia of een van die profete.”
MATTEUS 16:14 ABA (Bybel vir almal)
Die dissipels sê toe: “Party mense sê U is Johannes die Doper, party sê U is Elia, en party sê U is Jeremia of een van die profete.”
MATTEUS 16:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het geantwoord: “Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia, en ander weer Jeremia, of een van die profete.”
MATTEUS 16:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sê: Sommige sê dat jy Johannes die Doper is; en ander, Jeremias, of een van die profete.