Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:54 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:54 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen?

MATTEUS 13:54 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?

MATTEUS 13:54 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In Nasaret aangekom waar Hy grootgeword het, het Hy die mense in hulle sinagoge onderrig. Hulle was verbaas en het gesê: “Waar kry hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan?

MATTEUS 13:54 DB (Die Boodskap)

Later is Hy na die byeenkoms van die Jode toe waar Hy lank met die mense oor God se nuwe wêreld gesels het. Hy het aan hulle verduidelik hoe hulle dit moet verstaan. Dit het die mense baie nuuskierig aan die praat gesit. “Waar kom hy aan al hierdie kennis en die krag om hierdie wonderlike dinge te doen?” het hulle gewonder.

MATTEUS 13:54 ABA (Bybel vir almal)

Hy het in Nasaret gekom, die stad waar Hy grootgeword het. Hy het vir die mense in hulle sinagoge geleer. Hulle was baie verbaas oor wat Hy vir hulle geleer het. Hulle vra toe: “Waar het hy hierdie wysheid gekry? Hoe kan hy hierdie wonderwerke doen?

MATTEUS 13:54 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Jesus in sy tuisdorp aankom, het Hy hulle in hulle •sinagoge geleer, sodat hulle verstom was en gesê het: “Waar kom hy aan hierdie wysheid en kragtige dade?

MATTEUS 13:54 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Hy in sy land gekom het, het Hy hulle in hulle sinagoge geleer, sodat hulle verbaas was en gesê het: Waar het hierdie man hierdie wysheid en hierdie magtige werke vandaan?