Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 13:52 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 13:52 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”

MATTEUS 13:52 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.

MATTEUS 13:52 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy voeg toe by: “Elke skrifkenner wat ’n ware student in God se koninkryk geword het, is soos ’n huiseienaar wat nuwe sowel as ou dinge uit sy stoorkamer te voorskyn haal.”

MATTEUS 13:52 DB (Die Boodskap)

Jesus sê toe vir hulle: “Iemand wat geleerd is in die Joodse wet ken die ou boodskap. As hy My begin volg en verstaan, leer hy ook die nuutheid van God se boodskap ken. Hy is soos iemand wat ou en nuwe dinge in sy huis het en presies weet waar elkeen se plek is.”

MATTEUS 13:52 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê Jesus vir hulle: “Elke skrifgeleerde wat 'n dissipel word van God, die Koning wat in die hemel is, is soos iemand wat 'n huis het en wat nuwe goed en ook ou goed uithaal uit sy stoorkamer wanneer hy dit nodig het.”

MATTEUS 13:52 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat 'n leerling in die •koninkryk van die hemele geword het, soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.”

MATTEUS 13:52 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat aan die koninkryk van die hemele onderrig word, soos 'n man wat 'n huisbewoner is, wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.