Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:46 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:46 AFR83 (Afrikaans 1983)

As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.

MATTEUS 13:46 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

MATTEUS 13:46 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As hy een baie kosbare pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie pêrel.”

MATTEUS 13:46 DB (Die Boodskap)

“’n Juwelier het die wêreld vol gereis op soek na goeie pêrels. Skielik loop hy ’n uitsonderlike en baie waardevolle pêrel raak. Hy wou dit vreeslik graag hê. Daarom gaan verkoop hy toe alles wat hy het en koop die pêrel.

MATTEUS 13:46 ABA (Bybel vir almal)

Toe hy 'n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.”

MATTEUS 13:46 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hy een baie kosbare pêrel vind, het hy gegaan en alles wat hy gehad het, verkoop en dit gekoop.

MATTEUS 13:46 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy het, toe hy een baie kosbare pêrel gekry het, gegaan en alles wat hy gehad het verkoop en dit gekoop.