MATTEUS 13:41 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 13:41 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree
MATTEUS 13:41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen
MATTEUS 13:41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ek, die Seun van die Mens, sal my engele uitstuur. Hulle sal alles wat sonde veroorsaak en almal wat God se wet oortree uit my koninkryk verwyder
MATTEUS 13:41 DB (Die Boodskap)
Die Seun gaan sy engele stuur om te kom oes. Hulle gaan eers al die mense bymekaarmaak wat ander so op die verkeerde pad lei en nie doen wat God wil nie.
MATTEUS 13:41 ABA (Bybel vir almal)
Die Seun van die mens sal dan sy engele stuur, en hulle sal die sondaars bymekaarmaak en wegvat daar waar God regeer. Hulle sal die mense wegvat wat ander mense verlei het om sonde te doen en die mense wat nie gedoen het wat God se wette sê nie.
MATTEUS 13:41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Seun van die Mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk al die struikelblokke en dié wat wetteloosheid bedryf, bymekaarmaak
MATTEUS 13:41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk versamel alle dinge wat aanstoot gee en die wat ongeregtigheid doen