Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:40 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:40 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees.

MATTEUS 13:40 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld

MATTEUS 13:40 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Net soos die onkruid bymekaargemaak word en verbrand word, so sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld.

MATTEUS 13:40 DB (Die Boodskap)

Ons het gesien dat die onkruid ná die oes eenkant gegooi en verbrand word. Wanneer God mense finaal kom oordeel, gaan hierdie wêreld net so aan ’n einde kom.

MATTEUS 13:40 ABA (Bybel vir almal)

Hulle maak die onkruid bymekaar en gooi dit in die vuur. Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom.

MATTEUS 13:40 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Net soos die drabok dan bymekaargemaak en in die vuur verbrand word, so sal dit wees by die voleinding van die tyd.

MATTEUS 13:40 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom word die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand; so sal dit wees aan die einde van hierdie wêreld.