Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:39 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:39 AFR83 (Afrikaans 1983)

die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele.

MATTEUS 13:39 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

MATTEUS 13:39 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die duiwel is die vyand wat die onkruid saai. Die oestyd is die voleinding van die wêreld en dié wat oes, is die engele.

MATTEUS 13:39 DB (Die Boodskap)

Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel self. Die oestyd verwys na die tyd wanneer God die mense finaal kom oordeel. Die mense wat die oes insamel, is die engele van God. “Nou het ons die sleutel om die verhaal te verstaan. Kom ons sit nou alles bymekaar.

MATTEUS 13:39 ABA (Bybel vir almal)

Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die tyd wanneer die koring ryp is en die werkers dit afsny, is die tyd wanneer dit die einde van die wêreld sal wees. Die werkers wat die koring-oes bymekaarmaak, is die engele.

MATTEUS 13:39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

die vyand wat dit gesaai het, is die Duiwel; die oes is die voleinding van die tyd; en dié wat oes, is engele.

MATTEUS 13:39 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die vyand wat hulle gesaai het, is die duiwel; die oes is die einde van die wêreld; en die maaiers is die engele.