Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 13:34 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 13:34 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder 'n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie.

MATTEUS 13:34 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie

MATTEUS 13:34 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus het altyd gelykenisse soos hierdie gebruik as Hy met die skare praat. Om die waarheid te sê, Hy het nooit met hulle gepraat sonder om gelykenisse te gebruik nie.

MATTEUS 13:34 DB (Die Boodskap)

So het Jesus die een verhaal na die ander vertel.

MATTEUS 13:34 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het al hierdie dinge vir baie mense gesê. Hy het gelykenisse vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het.

MATTEUS 13:34 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit alles het Jesus deur gelykenisse aan die skare vertel, en sonder gelykenisse het Hy hulle niks vertel nie

MATTEUS 13:34 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse aan die skare gesê; en sonder gelykenis het Hy nie met hulle gespreek nie.