Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 13:27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 13:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’

MATTEUS 13:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?

MATTEUS 13:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die slawe van die boer kom toe en sê vir hom: ‘Meneer, u het tog goeie saad op u land gesaai. Waar kom die onkruid dan vandaan?’

MATTEUS 13:27 DB (Die Boodskap)

Hulle is toe reguit na die boer toe. ‘Meneer, jy het dan sulke mooi skoon saad gesaai. Hoe is dit moontlik dat die land so vol onkruid staan?’

MATTEUS 13:27 ABA (Bybel vir almal)

Hulle gaan toe na die man toe en sê vir hom: ‘Meneer, jy het goeie saad gesaai in die grond. Van waar kom die onkruid?’

MATTEUS 13:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die eienaar se slawe het vir hom kom sê, ‘Meneer, het u dan nie goeie saad op u saailand gesaai nie? Waar kom die drabok vandaan?’

MATTEUS 13:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe kom die dienaars van die huisheer en sê vir hom: Meneer, het u nie goeie saad in u land gesaai nie? waar kom dit dan onkruid vandaan?