Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:24 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land gesaai het.

MATTEUS 13:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

'N ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het

MATTEUS 13:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het ’n ander gelykenis aan hulle voorgehou met die woorde: “God se koningsheerskappy kan vergelyk word met ’n man wat goeie saad op sy land saai.

MATTEUS 13:24 DB (Die Boodskap)

“Maar Ek het nog ’n verhaal vir julle. Vergelyk nou hierdie verhaal met ’n geestelike waarheid oor hoe God in die wêreld regeer. “Daar was ’n boer. Hy het skoon saad, sonder enige onkruid tussenin, in sy land gesaai.

MATTEUS 13:24 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het vir hulle nog 'n gelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer 'n man goeie saad in die grond gesaai het.

MATTEUS 13:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het 'n verdere gelykenis aan hulle voorgehou: “Die •koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad op sy saailand gesaai het

MATTEUS 13:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

'n Ander gelykenis het Hy aan hulle vertel en gesê: Die koninkryk van die hemele is vergelykbaar met 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het.