Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:10 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

MATTEUS 13:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?

MATTEUS 13:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: “Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?”

MATTEUS 13:10 DB (Die Boodskap)

Voor Jesus verder kon praat, vra sy getrouste volgelinge Hom: “U vertel altyd verhale wanneer U preek. Hoekom?”

MATTEUS 13:10 ABA (Bybel vir almal)

Die dissipels het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Hoekom vertel U gelykenisse wanneer U met die mense praat?”

MATTEUS 13:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die dissipels het toe nader gekom en vir Hom gevra: “Hoekom praat U deur gelykenisse met hulle?”

MATTEUS 13:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U met hulle deur gelykenisse?