Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 11:13 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 11:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer

MATTEUS 11:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.

MATTEUS 11:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Al die profete en die wet, tot Johannes self, het geprofeteer aangaande die huidige tyd.

MATTEUS 11:13 DB (Die Boodskap)

As julle die moeite doen om die profete, asook die vyf boeke van Moses, goed te lees, sal julle agterkom dat dieselfde God wat deur julle Bybel praat, ook deur Johannes praat.

MATTEUS 11:13 ABA (Bybel vir almal)

Die hele Ou Testament, al die boeke van die profete en van Moses, het gesê wat sal gebeur totdat Johannes gekom het.

MATTEUS 11:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want al die Profete en die Wet, tot en met Johannes, het daaroor geprofeteer.

MATTEUS 11:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want al die profete en die wet het geprofeteer tot op Johannes.