MATTEUS 10:40
MATTEUS 10:40 Bybel vir almal (ABA)
“As die mense sê julle is welkom by hulle, dan is Ek welkom by hulle. En as Ek by mense welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hulle.
MATTEUS 10:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
MATTEUS 10:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
MATTEUS 10:40 Die Boodskap (DB)
“Ons almal werk mos in een span saam. As een lid van die span punte aanteken, is dit tog die hele span se punte. So is dit ook met ons. As iemand julle met oop arms aanvaar en julle vriend wil wees, is hy eintlik my vriend ook. En as hy my vriend is, is hy eintlik ook die vriend van my Vader wat My na julle toe gestuur het.