MATTEUS 10:2 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 10:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas
MATTEUS 10:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer
MATTEUS 10:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hier volg die name van die twaalf apostels: eerstens Simon (ook bekend as Petrus), en Andreas (sy broer), vervolgens Jakobus (die seun van Sebedeus) en Johannes (sy broer)
MATTEUS 10:2 DB (Die Boodskap)
Hulle was: Simon (Petrus was sy ander naam); Andreas (hy was Simon se broer); die twee broers
MATTEUS 10:2 ABA (Bybel vir almal)
Hier is die name van die twaalf apostels: Simon, sy ander naam was Petrus, en sy broer Andreas, Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes
MATTEUS 10:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die twaalf •apostels se name was: eerstens Simon, wat bekend staan as •Petrus, en sy broer Andreas; Jakobus, seun van Sebedeus, en sy broer Johannes
MATTEUS 10:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die name van die twaalf apostels is dit; Die eerste, Simon, wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedeüs, en Johannes, sy broer