Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 10:11 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 10:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

“As julle in 'n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit.

MATTEUS 10:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.

MATTEUS 10:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As julle in ’n dorp of kleiner plekkie ingaan, maak seker by wie julle welkom is en bly daar totdat julle weer vertrek.

MATTEUS 10:11 DB (Die Boodskap)

“Sê nou maar julle kom in ’n stad of dorpie aan, kyk dan of daar iemand is wat vir julle blyplek aanbied en by wie julle graag sal wil bly. Moenie rondval nie; bly daar totdat julle weer na die volgende dorpie toe moet gaan. “So moet julle dit doen

MATTEUS 10:11 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer julle in 'n stad of dorp inkom, dan moet julle uitvind by wie julle welkom is. Julle moet by daardie mense bly totdat julle weer weggaan uit daardie stad.

MATTEUS 10:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Watter stad of dorp julle ook al binnegaan – vind uit wie daarin waardig is, en bly daar totdat julle vertrek.

MATTEUS 10:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is; en bly daar totdat julle daarvandaan gaan.