Slaan direk na inhoud oor

MATTEUS 1:22-24 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 1:22-24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons. Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou.

MATTEUS 1:22-24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem

MATTEUS 1:22-24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom: “Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.” (Hierdie naam beteken: God is by ons.) Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem

MATTEUS 1:22-24 DB (Die Boodskap)

So het die woorde waar geword wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het: “’n Jongmeisie wat nog nie by ’n man geslaap het nie, gaan binnekort geboorte aan ’n seun gee. Hulle sal hom Immanuel noem.” (As ’n mens hierdie Hebreeuse naam vertaal, beteken dit: God is hier by ons.) Toe Josef wakker word, het hy presies gedoen wat die engel vir hom gesê het. Hy het met Maria getrou.

MATTEUS 1:22-24 ABA (Bybel vir almal)

Al hierdie dinge het gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het. Die profeet het gesê: “ Die maagd sal swanger word en sy sal 'n seun kry. Hulle sal Hom Immanuel noem.” Immanuel beteken “ God is by ons.” Nadat Josef wakker geword het, het hy gedoen wat die engel van die Here vir hom gesê het. Hy het met Maria getrou.

MATTEUS 1:22-24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word: “Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem” – wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons.’ Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en haar as sy vrou by hom geneem.

MATTEUS 1:22-24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word wat van die Here gespreek is deur die profeet deur te sê: Kyk, 'n maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal hom Emmanuel noem, wat vertaal word: God met ons. Toe Josef uit die slaap opgewek is, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou na hom geneem.