MATTEUS 1:12 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 1:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel
MATTEUS 1:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel
MATTEUS 1:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Tydens die Babiloniese ballingskap het Jojagin die pa geword van Sealtiël. Sealtiël was die pa van Serubbabel
MATTEUS 1:12 DB (Die Boodskap)
God het gesorg dat die Babiloniese ballingskap nie ’n einde aan die geslagsregister van Jesus gemaak het nie. Jojagin het kort daarna ’n seun gehad met die naam Sealtiël. Sealtiël se seun was Serubbabel.
MATTEUS 1:12 ABA (Bybel vir almal)
Ná die tyd toe die mense van Juda slawe was in Babilonië, het Jojagin die pa van Sealtiël geword. Sealtiël was die pa van Serubbabel
MATTEUS 1:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná die wegvoering na Babilon het Jojagin Sealtiël verwek, Sealtiël het Serubbabel verwek
MATTEUS 1:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat hulle na Babel gebring is, het Jechonia die vader van Salatiël gehad; en Salatiël was die vader van Sorobabel