LEVITIKUS 2:5 – Vergelyk alle weergawes
LEVITIKUS 2:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
As jou graanoffer op 'n bakplaat gebak word, moet dit van fynmeel wees, geknie met olie en sonder suurdeeg.
LEVITIKUS 2:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En as 'n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
LEVITIKUS 2:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n bakplaat gaargemaak is, moet dit van die beste meel en olyfolie wees, maar sonder suurdeeg.
LEVITIKUS 2:5 DB (Die Boodskap)
As dit graan is wat op ’n plaat gebak is, moet dit gemaak wees van fynmeel wat met olyfolie gemeng is waarin daar nie suurdeeg is nie.
LEVITIKUS 2:5 ABA (Bybel vir almal)
“Wanneer jy 'n koring-offer wil gee wat jy op 'n bakplaat gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik wat jy met olyf-olie geknie het, en daar moenie suurdeeg by wees nie.
LEVITIKUS 2:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
As jou offer 'n graanoffer is wat van 'n bakplaat af kom, moet dit van gesifte meel wees, ongesuurd en met olyfolie gemeng.
LEVITIKUS 2:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as jou spysoffer 'n spysoffer is wat in 'n pan gebak is, moet dit van ongesuurde fyn meel wees, met olie gemeng.