JOSUA 9:2 – Vergelyk alle weergawes
JOSUA 9:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
en hulle het eendragtig saamgestaan om teen hom en Israel te veg.
JOSUA 9:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.
JOSUA 9:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het ’n verdrag met mekaar gesluit om teen Josua en die Israeliete te veg.
JOSUA 9:1-2 DB (Die Boodskap)
Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
JOSUA 9:2 ABA (Bybel vir almal)
Die konings het bymekaargekom om saam oorlog te maak teen Josua en die Israeliete.
JOSUA 9:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
het hulle byeengekom en eenparig besluit om teen Josua en Israel te veg.
JOSUA 9:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
dat hulle bymekaargekom het om eendragtig teen Josua en Israel te veg.