Slaan direk na inhoud oor

JOSUA 7:4 – Vergelyk alle weergawes

JOSUA 7:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daar het toe omtrent drie duisend man daarheen opgetrek, maar hulle moes op die vlug slaan vir die mense van Ai

JOSUA 7:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

So het daar dan van die manskappe omtrent drieduisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai

JOSUA 7:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ongeveer 3 000 mans het toe daarheen opgetrek. Hulle moes egter vlug voor die mense van Ai.

JOSUA 7:4 DB (Die Boodskap)

Josua stuur toe omtrent 3 000 soldate om Ai aan te val, maar hulle het hulle teen die soldate van Ai vasgeloop en moes op die vlug slaan.

JOSUA 7:4 ABA (Bybel vir almal)

Daar het toe omtrent 3 000 manne gegaan, maar die manne van Ai het hulle oorwin en hulle het weggevlug van die manne van Ai.

JOSUA 7:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ongeveer drieduisend van die manskappe het daarheen opgetrek, maar hulle het gevlug voor die manne van Ai.

JOSUA 7:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daar het van die volk omtrent drie duisend man daarheen opgetrek, en hulle het voor die manne van Ai gevlug.