JOSUA 7:3 – Vergelyk alle weergawes
JOSUA 7:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe hulle by Josua terugkom, sê hulle vir hom: “Dit is nie nodig dat al die manskappe gaan nie. So twee of drie duisend man kan gaan en Ai inneem. Die manskappe hoef hulle nie almal daar te gaan moeg maak nie, daar is min mense in Ai.”
JOSUA 7:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met 'n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.
JOSUA 7:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het teruggekom en aan Josua rapporteer: “Die hele volk hoef nie daarteen op te trek nie. Daar hoef net so 2 000 of 3 000 man soontoe te gaan. Hulle sal Ai kan inneem. Dit is maar ’n klein plekkie.”
JOSUA 7:2-3 DB (Die Boodskap)
Josua het van sy manne uit Jerigo uit na Ai toe gestuur, ’n stad oos van Bet-El, naby die dorp Bet-Awen, met die opdrag om die omgewing te gaan verken. Toe hulle dit gedoen het, het hulle teruggekom en vir Josua gesê: “Ai is maar ’n klein dorpie met min soldate. Dit is nie nodig om die hele leër te vat om hierdie dorpie in te neem nie; 2 000 of 3 000 soldate is genoeg.”
JOSUA 7:3 ABA (Bybel vir almal)
Hulle het teruggekom na Josua toe en vir hom gesê: “Jy moenie al die manne laat gaan nie, omtrent 2 000 of 3 000 manne is genoeg om Ai te oorwin. Daar is nie baie mense in Ai nie, jy moenie al die manne moeg maak nie.”
JOSUA 7:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het na Josua teruggekom en gesê: “Nie al die manskappe moet optrek nie. Ongeveer twee- of drieduisend man kan optrek; hulle sal Ai verslaan. Moenie al die manskappe die moeite aandoen om hulle daarheen te stuur nie, want daar is maar min mense.”
JOSUA 7:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het na Josua teruggekeer en vir hom gesê: Laat die hele volk nie optrek nie; maar laat omtrent twee of drie duisend man optrek en Ai verslaan; en laat die hele volk nie daar werk nie; want hulle is maar min.