Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

JOSUA 7:26 – Vergelyk alle weergawes

JOSUA 7:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het 'n groot hoop klippe bo-oor gepak. Dit is vandag nog daar. Daarna het die Here se toorn bedaar. Hulle noem die plek tot vandag toe die Akorlaagte .

JOSUA 7:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.

JOSUA 7:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het hom onder ’n groot hoop klippe toegepak. Dit is vandag nog daar. Die HERE se woede het toe afgekoel. Daardie plek se naam is tot vandag toe nog die Laagte van Akor.

JOSUA 7:26 DB (Die Boodskap)

Hulle het ’n groot hoop klippe op hulle gestapel om almal te herinner aan wat daar gebeur het. Daarna het die Here se woede bedaar. Van toe af staan die plek bekend as die Akorlaagte: die laagte van swaarkry en lyding.

JOSUA 7:26 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het 'n groot hoop klippe oor hulle gepak. Dit is nou nog daar. Die Here was toe nie meer kwaad nie. Die plek se naam is nou nog Akor-vallei.

JOSUA 7:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het 'n groot hoop klippe op hom gepak, wat vandag nog daar is, en die HERE se brandende toorn het bedaar. Daarom het hulle daardie plek Vallei van Agor genoem; dit is vandag nog so.

JOSUA 7:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle het 'n groot hoop klippe oor hom opgerig tot vandag toe. So het die HERE hom bekeer van die gloed van sy toorn. Daarom is die naam van daardie plek genoem: Die dal Agor, tot vandag toe.