Slaan direk na inhoud oor

JOSUA 3:15 – Vergelyk alle weergawes

JOSUA 3:15 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die draers van die ark het by die Jordaan aangekom. Gedurende die hele oestyd is die Jordaan gewoonlik vol, oor al sy oewers. Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom

JOSUA 3:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes

JOSUA 3:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die priesters wat die ark dra, het by die Jordaan aangekom. Dit was oestyd en die Jordaan het oor sy oewers geloop. Toe die priesters wat die ark dra hulle voete in die vlak water sit

JOSUA 3:15 DB (Die Boodskap)

Soos gewoonlik in die oestyd was die Jordaan tot oorlopens toe vol. Toe die voete van die priesters wat die ark van die ooreenkoms met die Here gedra het, aan die water raak

JOSUA 3:15 ABA (Bybel vir almal)

Dit was die tyd om die koring af te sny, en dan was die Jordaan-rivier altyd vol water, tot oor sy walle. Toe die priesters wat die kis gedra het, by die Jordaan-rivier kom, en hulle sit hulle voete in die water

JOSUA 3:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die Jordaan loop die hele oestyd kant en wal, maar net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die voete van die priesters wat die ark dra, in die water ingaan

JOSUA 3:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die draers van die ark by die Jordaan aangekom het, en die voete van die priesters wat die ark dra, in die rand van die water gedoop is, want die Jordaan loop oor al sy walle al die tyd van die oestyd