JOSUA 22:2 – Vergelyk alle weergawes
JOSUA 22:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses die dienaar van die Here julle beveel het en julle was gehoorsaam aan alles wat ek julle beveel het.
JOSUA 22:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
JOSUA 22:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het vir hulle gesê: “Julle het pligsgetrou alles nagekom wat Moses, die dienaar van die HERE, aan julle opgedra het. Julle het elke opdrag uitgevoer wat ek vir julle gegee het.
JOSUA 22:2 DB (Die Boodskap)
Toe sê hy: “Julle het alles gedoen wat Moses gevra het julle moet doen en julle het al my opdragte uitgevoer.
JOSUA 22:2 ABA (Bybel vir almal)
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het en julle was altyd gehoorsaam aan my.
JOSUA 22:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het vir hulle gesê: “Julle het alles wat Moses, die dienskneg van die HERE, julle beveel het, nagekom, en julle het my ook gehoorsaam in alles wat ek julle beveel het.
JOSUA 22:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en vir hulle gesê: Julle het alles gehou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en na my stem geluister in alles wat ek julle beveel het.