JOSUA 2:4 – Vergelyk alle weergawes
JOSUA 2:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die vrou het die twee manne weggesteek en vir die koning laat weet: “Daar het manne by my aangekom, maar ek weet nie waarvandaan hulle is nie.
JOSUA 2:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
JOSUA 2:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ragab het die twee mans laat wegkruip. Sy het vir die koning laat weet: “Daar was mans hier by my. Ek weet nie van waar af hulle gekom het nie.
JOSUA 2:4-5 DB (Die Boodskap)
“Hier was mans by my,” antwoord sy die koning, “maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie. Hulle is in elk geval teen donker al hier weg, nog voordat die stad se hekke gesluit is. Ek weet nie waarheen hulle is nie, maar as julle gou maak, kan julle hulle dalk nog inhaal.”
JOSUA 2:4 ABA (Bybel vir almal)
Ragab het die twee mans weggesteek en sy het vir die koning laat weet: “Dit is waar, die mans het na my toe gekom, maar ek weet nie van waar hulle gekom het nie.
JOSUA 2:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle versteek. Sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie.
JOSUA 2:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die vrou het die twee mans geneem en hulle weggesteek en so gesê: Daar het manne na my gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.