JOSUA 2:2 – Vergelyk alle weergawes
JOSUA 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die koning van Jerigo het berig gekry dat daar in die nag van die Israeliete af mense aangekom het om die land te verken
JOSUA 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe daar aan die koning van Jérigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken
JOSUA 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Iemand het vir die koning van Jerigo gaan vertel dat daar gedurende die nag Israelitiese mans aangekom het om die land te verken.
JOSUA 2:2 DB (Die Boodskap)
Die koning van Jerigo het uitgevind dat daar in die nag Israelitiese mans in die land aangekom het om dit te verken.
JOSUA 2:2 ABA (Bybel vir almal)
Iemand het vir die koning van Jerigo gaan sê: “Daar het vannag Israeliete hiernatoe gekom om te kyk hoe die land is.”
JOSUA 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die koning van Jerigo is gesê: “Kyk, manne van die Israeliete het in die nag hierheen gekom om die land te verken.”
JOSUA 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan die koning van Jérigo is meegedeel en gesê: Kyk, daar het vannag manne van die kinders van Israel hier ingekom om die land te verken.