Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

JOSUA 2:13 – Vergelyk alle weergawes

JOSUA 2:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

dat julle my pa en ma, my broers en susters en almal wat by hulle hoort, se lewens sal spaar en ons so van die dood sal red.”

JOSUA 2:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.

JOSUA 2:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

dat julle my pa en my ma, my broers en susters en hulle families se lewens sal spaar wanneer julle Jerigo aanval.”

JOSUA 2:12-13 DB (Die Boodskap)

Belowe my dan nou voor die Here dat julle my en my familie so goed sal behandel soos ek julle behandel het. Gee asseblief vir my ’n waarborg dat wanneer julle Jerigo inneem, julle my pa en ma en my broers en susters en hulle families ook sal laat leef.”

JOSUA 2:13 ABA (Bybel vir almal)

Julle moenie my ouers en my broers en susters doodmaak nie, julle moet niks vat wat aan hulle behoort nie, julle moet keer sodat julle mense ons nie doodmaak nie.”

JOSUA 2:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

dat julle my vader en moeder, my broers en susters en almal wat by hulle hoort, sal laat leef, dat julle ons sal red van die dood.”

JOSUA 2:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En dat julle my vader en my moeder en my broers en my susters en alles wat hulle het in die lewe sal hou, en ons sal red van die dood.