Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JOB 8:20-22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JOB 8:20-22 AFR83 (Afrikaans 1983)

“God verwerp nooit die opregte nie en staan ook nie dié by wat onreg doen nie. Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel. Dié wat jou haat, sal met smaad bedek word; van die goddeloses bly daar niks oor nie.”

JOB 8:20-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie. Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig, sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose — weg is dit!

JOB 8:20-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Maar kyk: God verwerp nooit ’n mens wat opreg voor Hom leef nie. So laat Hy dit nie goed gaan met die kwaaddoener nie. Hy sal jou weer met vrolikheid vul en jou laat uitroep van vreugde. Dié wat jou haat, sal beskaamd staan. Die tent van die bose mens sal vernietig word.”

JOB 8:20-22 DB (Die Boodskap)

Verder sê Bildad: “Die Here sal nie onskuldige mense wegstoot nie. Maar Hy sal beslis nie kwaaddoeners help nie. Job, Hy sal jou weer laat lag en uitroep van blydskap. Hy sal die mense wat jou haat in die skande laat kom. Daar sal niks van hierdie slegte mense se blyplekke oorbly nie.”

JOB 8:20-22 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet weet, God sal nie 'n mens los wat heeltemal reg doen nie, en Hy sal nie slegte mense help nie. Hy sal jou weer gelukkig maak, Hy sal jou laat sing omdat jy bly is. Dit sal sleg gaan met die mense wat vir jou haat, die huis van mense wat verkeerd doen, sal nie bly staan nie.”

JOB 8:20-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Kyk, God verwerp nie iemand wat onberispelik optree nie; Hy versterk nie die hand van kwaaddoeners nie. Hy sal weer jou mond vul met gelag, jou lippe met 'n vreugdekreet. Hulle wat jou haat, sal met skande bedek wees; en die tentwoning van die goddeloses sal nie meer daar wees nie.”

JOB 8:20-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Kyk, God sal 'n volmaakte man nie verstoot nie, en Hy sal die kwaaddoeners nie help nie; Totdat Hy jou mond met gelag vul en jou lippe met gejuig. Die wat jou haat, sal met skande beklee word; en die woonplek van die goddelose sal tot niet gaan.