JOB 25:2-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JOB 25:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Die heerskappy en die vrees kom God toe. Uit sy hoë hemel gee Hy vrede. Kan die magte waaroor Hy beskik, bereken word? Oor wie skyn sy lig nie?
JOB 25:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes. Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?
JOB 25:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“God is magtig en ontsagwekkend. Hy vestig vrede in die hemele. Wie kan sy hemelse leër tel? Verlig Hy nie die aarde nie?
JOB 25:2-3 DB (Die Boodskap)
“God is in beheer. Mense behoort Hom te vrees. Hy sorg dat daar vrede in die hemel is. Wie kan sy leërmag tel? Is daar iemand oor wie sy lig nie skyn nie?
JOB 25:2-3 ABA (Bybel vir almal)
“God regeer, almal moet bang wees vir Hom, Hy gee vrede tot in sy hoë hemel. Niemand kan tel hoe groot sy leërs is nie, sy son skyn oor al die mense.
JOB 25:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Om te heers en vrees in te boesem, is eie aan God, Hy wat vrede handhaaf in sy hoë hemele. Kan die getal van sy troepe vasgestel word? Oor wie gaan sy lig nie op nie?
JOB 25:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Heerskappy en vrees is by hom, hy maak vrede op sy hoogtes. Is daar 'n getal van sy leërs? en oor wie gaan sy lig nie op nie?