JOB 17:8-9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JOB 17:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die opregtes slaan die hande saam daaroor en die onskuldiges kom in opstand oor die godlose mense. Wie reg het, loop sy pad, wie rein voor God is, neem toe in krag.
JOB 17:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
JOB 17:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die opregtes is geskok as hulle my sien. Die onskuldiges kom in opstand teen die goddelose mense. Die regverdiges se pad loop reguit vooruit, dié met ’n opregte hand sal sterker en sterker word.
JOB 17:8-9 DB (Die Boodskap)
Van die mense wat reg probeer leef, is geskok wanneer hulle my toestand sien. Hulle kom in opstand teen die goddeloses, wat nie ’n saak met God het nie. Daar is mense wat reg leef. Hulle bly op die koers wat hulle gekies het. Hulle word net meer en meer oortuig daarvan dat hulle moet aanhou om ordentlik te leef.”
JOB 17:8-9 ABA (Bybel vir almal)
Eerlike mense skrik wanneer hulle my sien, onskuldige mense word opstandig teen mense wat nie vir God wil dien nie. Die mense wat reg lewe, hou aan om reg te lewe, mense wat goed doen, word altyd sterker.
JOB 17:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Opregtes staan verslae hieroor; 'n onskuldige raak ontsteld oor 'n godlose. 'n Regverdige hou op sy pad, en wie rein hande het, vermeerder sy krag.
JOB 17:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Opregte mense sal hieroor verstom staan, en die onskuldige sal hom ophef teen die huigelaar. Ook sal die regverdige sy weg vashou, en hy wat rein van hande het, sal sterker en sterker word.