JEREMIA 31:18
JEREMIA 31:18 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Jeremia, het iets gehoor, dit is seker: dit is Efraim wat soebat en sê: “U het my geslaan, ek het slae gekry soos 'n kalf wanneer iemand hom mak wil maak. Bring my terug na U toe, en laat my terugkom, want U is my God die Here.
JEREMIA 31:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.
JEREMIA 31:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het duidelik gehoor hoe Efraim kla: “U het my gestraf, ek is ingebreek soos 'n kalf wat mak gemaak is. Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer, want U is die Here my God.
JEREMIA 31:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek het dit beslis gehoor – Efraim bejammer homself, ‘U het my ingebreek, en ek het my laat inbreek soos 'n ongeleerde kalf. As U my laat terugkeer, keer ek werklik terug; want U is die HERE my God.
JEREMIA 31:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het sekerlik gehoor hoe Efraim homself so beklaag; U het my getugtig, en ek is getugtig soos 'n bul wat nie aan die juk gewoond is nie; want U is die HERE my God.