JAKOBUS 2:2 – Vergelyk alle weergawes
JAKOBUS 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan
JAKOBUS 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want as daar in julle vergadering 'n man inkom met goue ringe aan die vingers, met 'n pragtige kleed aan, en daar kom ook 'n arm man in met vuil klere aan
JAKOBUS 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet.
JAKOBUS 2:2 DB (Die Boodskap)
Veronderstel twee mans kom by julle aan terwyl julle kerk hou. Die een man het geld soos bossies. Dit kan jy sommer aan sy klere sien. Hy is ook een van die belangrikste mense in die dorp. Die ander man is egter arm. Sy klere is oud en stukkend. Niemand in die dorp steur hulle aan hom nie. Nou kom die twee saam daar by julle aan.
JAKOBUS 2:2 ABA (Bybel vir almal)
Miskien kom daar in julle vergadering 'n man wat 'n goue ring aan sy vinger het en wat mooi klere dra. En miskien kom daar ook 'n arm man wat vuil en stukkende klere dra.
JAKOBUS 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
As daar 'n man met goue ringe en pragtige klere by julle samekoms aankom, en daar kom ook 'n arm man met vuil klere aan
JAKOBUS 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as daar 'n man met 'n goue ring na julle vergadering kom, in mooi kleed, en daar kom ook 'n arm man in met gemene klere